Tempelprostitusie

Tempelprostitusie is ’n seksuele rite waarin vroue of mans in ’n tempel hulle beskikbaar stel vir seks met ’n vreemdeling teen betaling – as hul heilige plig teenoor ’n god of godin. Hierdie rituele prostitusie het veral in die Oudheid voorgekom.

Pelgrims het op bedevaarte na heiligdomme gegaan om rituele uit te voer, waarvan een die Hieros Gamos (rituele samekoms) was. Hiervoor was maagde, oftewel prostitute, beskikbaar. Vir die familie van die meisies was dit ’n eer om een van hul dogters in die tempel te laat werk.

Die Griekse term hierodoulos is al beskou as dat dit "tempelprostituut" beteken, maar dit verwys meer waarskynlik na ’n voormalige slaaf of slavin wat vrygelaat en aan ’n god "opgedra" is.[1] Die Hebreeuse term qedesha word dikwels as "tempelprostituut" vertaal.

  1. Stephanie Budin, The Myth of Sacred Prostitution in Antiquity (Cambridge University Press, 2009)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search